(277) SAM69+, over Afrikaans met een knipoog

19 september 2015 - Riebeek-Kasteel, Zuid-Afrika

Zaterdag 19 september 2015

Oorsprong en rekenskap

Het Afrikaans - ook wel Baby Dutch - ontstaat uit Hollandse spreektaal, nadat Jan van Riebeeck in 1652 namens de VOC op Kaap de Goede Hoop een verversingspost sticht. De Kaapkolonie kent vele invloeden, maar het vooral door boeren gesproken oude Kaap-Hollands wordt uiteindelijk voertaal in Zuid-Afrika, wat vervolgens door buitenlandse invloeden verbastert tot het huidige ‘Afrikaans’, dat voor negentig procent uit een woordenschat van oer-Hollandse origine bestaat.

Om die laglus van die Hollanders verskeie kere te prikkel, maak hierdie leesstof ’n ophoping van amusantheidswoorde, saamgestel uit aanluistering en napluisvoortbrengsel:

Terugblik op die verlede, kort geskiedenis van die Riebeek Vallei

‘Daar is ongelukkig baie min inlichting beskikbaar oor die bestaan van die Vallei voor die einde van die 17de eeu. Vroeer is daar staatgemaak op mondelinge vertellings, maar die meeste van hierdie stories lee natuurlik lankal in hul grafte. Daar is wel bewys dat daar al vir miljoene jare lank mense in die area gebly het, danksy artifakte wat gevind is in die terrasse van die Bergrivier. Die enigste ander bewyse dat daar wel mense in die area gewoon het, is Boesmantekeninge wat gevind is op verskeie plekke teen Kasteelberg.

In 1652 kom drie skepe in Tafelbaai aan met ’n klompie setlaars onder Jan van Riebeeck, wat afgevaardig is om ’n verversingspos vir die Hollandse VOC te stig. Die eerste van hierdie Europeers wat die vallei besoek het was ’n verkenningsekspedisie onder leiding van korporaal Pieter Cruythoff, in 1661 uitgestuur deur Van Riebeeck (na wie die berg, die vallei en die dorpe Riebeek Kasteel en Riebeek-Wes vernoem is) om te soek na die oorsprong van die legendariese Monomotapa se goud. Saam met Cruythoff was sy assistent Pieter van Meerhoff en tien manskappe. Van Meerhoff was die setlaars se chirurg en ook verantwoordelik vir die byhou van ’n journaal op die reis. Hulle het te voet getrek met die voorrade op pakosse gelaai. Die tog was baie stadig en moeilik en hullen kon slegs ongeveer vyf kilometer per dag vorder.

Hierdie eerste Europese besoekers het die roete van die huidige Botmaskloofpas oor die berg gevolg en kon van daar oor die valley uitkyk. Van Meerhoff se dagboek maak melding van ’n rivier wat sy oorsprong in die berg gehad het en ook van ’n leeu wat hulle verskeie kere probeer bekruip het. 

Op 4 Februarie 1661 skryf hy: “Ons het ons bevind in ’n vallei oos van ’n berg wat deur ons Riebeecks Kasteel vernoem is, waar ons gerus het. Op hierdie dag het ons 13 peerde, 5 renosters en duisende bokke gesien”. (Die ‘perde’ was waarskynlik kwaggas).

Die volgende dag het die geselskap die Bergrivier oorgesteek en op die oever uitgespan. Daar het die kampvuur buite beheer geraak en amper hulle voorrade verwoes, maar hulle kon darem die ammunisie red. Gelei deur ’n Sonqua (Boesman) hoofman het die ekspedisie daarna noord gereis en kontak gemaak met die Namaqua stam. Hulle is egter gedwing om na die Kaap terug te keer (sonder goud!) toe hulle lewensmiddele begin min raak het.’

 

1 Reactie

  1. Marijke:
    19 september 2015
    In de 17de eeuw op zoek naar goud en daarbij ook veel leed veroorzaken is toch heel wat anders dan in de 21ste eeuw op zoek zijn naar vakantiegoudendagen. Met desondanks dank aan Jan van Riebeeck, die geen goud vond, terwijl jullie in tegenstelling iets van 'goud' hebben bijgedragen op toeristisch uitgavengebied. En dat Suid-Afrikaans is taalgoud waard!